Gauteng se landbou het nie werk geskep nie – DA
Die DA in Gauteng sê die provinsiale Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het nie sy teiken gehaal om in die 2022-23 boekjaar 600 groen werksgeleenthede te skep nie. Slegs 314 is geskep wat 286 minder as die teiken is. Die DA-woordvoerder, Dorianne Arendse, sê groen werke kan ‘n belangrike bydrae lewer om in die provinsie, waar meer as 26 miljoen mense tans werkloos is, werk te skep. Sy sê dit sal ook voedselsekerheid verbeter: