Gauteng se gesondheidsdepartement versuim om R2,6 miljard van begroting te bestee
Die DA in Gauteng sê die provinsiale departement van gesondheid het in die 2021/22-boekjaar wat in Maart geëindig het, versuim om ‘n reuse-bedrag van 2,6 miljard Suid-Afrikaanse rand van sy begroting te bestee. Die DA-lid, Jack Bloom, sê volgens ‘n voorlegging van die provinsie se Tesouriekomitee, is 365 miljoen rand wat vir die vergoeding van werknemers was, onbestee omdat ‘n aantal vakatures waarvoor voorsiening gemaak is, nooit gevul is nie. Hy sê daar was ook onderprestering met die toekenning van beurse vir opleiding.