Gauteng se e-tol steeds nie geskrap nie

Die DA in Gauteng sê hy sal vrae stel aan die LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale, om te probeer bepaal watter stappe gedoen is sedert die aankondiging dat die e-tol-stelsel geskrap word. Die DA-lid Fred Nel, sê dit wil voorkom of die provinsiale regering glad nie regtig planne het om die stelsel te beëindig nie. Hy sê die verlenging van die kontrak beteken dat geld wat aan e-tol verskuldig is, sal toeneem, en dat inwoners sal voortgaan om fakture te ontvang vir dié ongewenste stelsel: