Gauteng se boere sal moet bystand kry

Die DA in Gauteng sê ‘n massiewe voedselsekerheidskrisis het die provinsie en die land in die algemeen getref weens die voortslepende beurtkrag. Bronwyn Engelbrecht van die party sê volgehoue voorsiening uit die landbousektor is noodsaaklik om ‘n bevolking van sowat 60 miljoen mense kos te gee. Sy sê boere se produkvoorsiening word ongelukkig deur beurtkrag gekniehalter: