Gauteng premier sê indiensnemingsveldtog is nie verkiesingsfoefie

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, het bewerings weerlê dat die Nasi Ispani-jeugwerwingsprogram ‘n verkiesingsfoefie is. Die program is ‘n inisiatief om werkloosheid te bekamp en toegang tot werksgeleenthede in Gauteng te bevorder. Die provinsiale regering wil 32 000 mense in diens neem om as onderwysassistente, algemene skoolassistente en vroeë-kinderontwikkelingsassistente in skole te werk. Lesufi sê die doel is om werkloosheid onder die jeug te verminder.