Gauteng-owerheid vra vir ‘n einde aan staking

Die Gautengse Departement van Gesondheid het ‘n omsendbrief uitgestuur waarin hy ‘n beroep doen op werkers om terug te keer werk toe. Dit volg nadat die departement ‘n hofinterdik teen die gesondheidswerkersvakbond Nehawu gekry het, wat hulle verplig om te keer dat hulle lede die lewering van gesondheidsdienste aan pasiënte weerhou. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die tussentydse interdik verbied stakende werkers om enige iets te doen wat toegang na en van gesondheidsfasiliteite in die provinsie direk of indirek keer of belemmer: