Gauteng ontplooi 2 500 militêre veterane teen misdaad

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê 2 500 militêre veterane sal by die provinsie se verkeersopsigters aansluit, om wetteloosheid te help bekamp. Die premier het die rekrute by die Grace Bible Church in Soweto toegespreek en gesê misdaadbrandpunte soos Hillbrow en Sunnyside sal geteiken word. Lesufi sê misdadigers kan nie toegelaat word om te maak soos hulle wil nie.