Gauteng hou sy mediese toerusting in stand

Gauteng se Departement van Gesondheid sê hy het kontrakte vir die instandhouding van mediese toerusting en masjinerie in plek om diensonderbrekings by instellings te beperk. Die LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het dít beklemtoon in reaksie op ‘n vraag wat in die wetgewer gestel is. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê die instandhouding van mediese toerusting soos skanderingsapparatuur, x-straalmasjiene en lewensondersteunende toerusting, soos narkose-masjiene en ventilators, vind deurlopend plaas: