Gauteng hospitale het weer water
Die Gautengse gesondheid-departement het die herstel van watertoevoer na verskeie gesondheidsgeriewe aangekondig, insluitend die Rahima Moosa-moeder-en-kind hospitaal, die Helen Joseph hospitaal en die Zola-gemeenskap-gesondheidsentrum. Die Gautengse gesondheidswoordvoerder, Motalatale Modiba, sê die herstelwerk volg ná water-nutsdienste se onlangse uitdagings.