Gauteng-hospitale ervaar erge watertekorte
Gauteng se Departement van Gesondheid sê verskeie gesondheidsgeriewe, wat die Rahima Moosa Moeder- en Kind-hospitaal, die Helen Joseph-hospitaal, die Zola-gemeenskapsgesondheidsentrum en die Dr Yusuf Dadoo-hospitaal insluit, ondervind wateronderbrekings weens uitdagings by water-nutsmaatskappye. Johannesburg Water het tenkwaens uitgestuur, maar die voorraad bly onvoldoende. Die hospitale het maatreëls ingestel om die situasie te bestuur, ondermeer die wegwys van noodgevalle en kritieke sorg-pasiënte na ander geriewe. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, het om verskoning gevra vir die ongerief: