Gauteng het nie geld opsy gesit vir e-tolstelsel nie

Die LUR vir Finansies in Gauteng, Jacob Mamabolo, sê geen geld word opsy gesit vir die uitstaande skuld van die mislukte e-tolstelsel nie. Mamabolo het gepraat toe die provinsiale begroting ter tafel gelê is en sê daar vind nog onderhandelings met die nasionale regering plaas rakende die e-tol-aangeleentheid. Hy het wel die versekering gegee die e-tol-kwessie is afgehandel. Mamabolo het verduidelik baie werk moet nog gedoen word om die stelsel op ‘n regulatoriese vlak te beëindig: