Gauteng bestee R14 miljoen aan 11 Kubaanse dokters: DA
Die DA in Gauteng sê die provinsiale gesondheid-departement bestee 14-miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar aan 11 Kubaanse dokters, ten spyte van die groot aantal werklose plaaslike dokters. Die LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het dit bekend gemaak in ‘n skriftelike antwoord op die DA se vrae in die provinsiale wetgewer. Jack Bloom van die DA sê die Kubane se jaarlikse salarispakkette wissel van 1,2 miljoen rand tot 1,6 miljoen rand, wat ‘n totaal van 14-miljoen-rand per jaar verteenwoordig.