Gauteng: 47 leerders behandel vir voedselvergiftiging 

Sewe-en-veertig leerders van die Rapelego-laerksool in Hammanskraal het Maandag mediese behandeling ontvang vir moontlike voedselvergiftiging. Die meeste van die graad vyf-leerders is ontslaan met slegs vier wat steeds in die hospitaal is. Die Gautengse Gesondheidsdepartement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die leerders het na bewering sjokolade met ‘n vervaldatum van Junie 2024 by ‘n ander leerder gekoop: