‘Gatland moet waai’

Die gewese Walliese skrumskakel Mike Phillips wil hê hoofafrigter Warren Gatland moet afgedank word na die naweek se nederlaag teen Fidji; hulle tiende in ‘n ry. Die Nieu-Seelander het in Desember 2022 teruggekeer nadat hy Wallis van 2007 tot 2019 afgerig het. Phillips het sy 94 toetse vir Wallis van 2003 tot 2015 gespeel. Hy sê Gatland lag al die pad bank toe sonder om aanspreeklik gehou te word, en verdien om uitgeskop te word soos hy met talle goeie Walliese spelers gedoen het.