Gates sê KI kan help met klimaatsverandering

Die filantroop en medestigter van Microsoft, Bill Gates, sê kunsmatige intelligensie gaan vernuwing versnel en dit makliker maak om klimaatsverandering te beveg. In ʼn onderhoud met SkyNews waarsku hy egter dit moet deur mense met goeie bedoelings gebruik word. Hy sê kunsmatige intelligensie het tot dusver ʼn kleinerige rol gespeel om klimaatsverandering te bekamp, maar dit gaan vernuwing makliker maak. Gates sê wat klimaatsverandering betref, sal KI die modellering van smeltingsenergie soveel makliker maak.