Gasvryheidskenners kom byeen in Windhoek 

Namibië sal van môre tot Donderdag gasheer wees vir die Africa Hospitality-beleggingsforum, AHIF. Dit is die eerste keer dat die geleentheid in Suider-Afrika gehou word, nadat die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling, NIPDB, verlede jaar die bod verseker het. Catherine Shipushu, die raad se senior bestuurder van bemarking, handelsmerk en kommunikasie, het meer.