Gaslekkasie dood 16 op Boksburg

‘n Gaslekkasie het die lewens van minstens 16 mense, insluitend vroue en kinders, in die Angelo-plakkerskamp in Boksburg aan die Oos-Rand geëis. Die voorval volg ses maande nadat ‘n gastenkwa op Oukersaand in Boksburg ontplof het. In hierdie voorval is 41 mense dood en tientalle ander beseer. ‘n Woordvoerder van Ekurhuleni se nooddienste, William Ntladi, sê nitraatoksied het vermoedelik uit ‘n gassilinder gelek wat onwettige mynwerkers, wat uit ‘n plakkershut in die informele nedersetting werk, gebruik het: