Gas, olie, waterstof: Kommer oor korrupsie
Namibië se natuurlike hulpbronne kom gereeld onder die vergrootglas omdat daar dikwels aantygings van korrupsie is in die bestuur daarvan. Een van die nuutste hulpbronne is groenwaterstof ontwikkeling wat Namibië op die wêreldverhoog plaas. Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het in Lüderitz ‘n streeks-teenkorrupsie konferensie gehou wat die saak aangespreek het. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nico Smit, die PDM se skadu-finansminister, wat sê daar moet goed beplan word om hulpbronne reg te bestuur.