Gas-ekonomie moet dringend in SA ontwikkel word

In die buurland, vra die Suid-Afrikaanse Olie- en Gas-alliansie die regering om nie die ontwikkeling van ‘n funksionerende gas-ekonomie te vertraag nie. Die huidige hoofverskaffingsbron is twee gasvelde wat Sasol in Mosambiek bedryf, maar Suid-Afrikaanse kliënte sal van die middel van 2026 nie meer voorsien word nie. Dit stel 70 000 werksgeleenthede in gevaar in ondernemings wat op gas as ‘n sleutel-inset staatmaak. Die ondernemings skep ‘n jaarlikse inspuiting van 500-miljard Suid-Afrikaanse rand vir die ekonomie. Die alliansie se woordvoerder, Adrian Strydom, sê verbruikers sal erg geraak word deur die domino-uitwerking van gastekorte.