Gariseb weier om terug te staan

Die Khomanin Tradisionele Owerheid, deur regsman Kadhila Amoomo, het die aktivis Shaun Gariseb opdrag gegee om die bewerings wat hy teen die hoof van die owerheid, Julienne Gawanas gemaak het, terug te trek. Volgens die brief het hy gesê dat sy saamwerk met die sistematiese verplasing en onderdrukking van haar mense, en dat sy hande vat met diegene wat die voorvaderlike grafte van die Khomanin vernietig. Kosmos 94.1 Nuus het met Shaun Gariseb gepraat wat sê dat hy met Amoomo gepraat het om aan die saak te onttrek omdat hy nie verstaan wat aangaan nie en dat hy nie om verskoning sal vra nie.