Gardner-egpaar naby Grootfontein aangeval, 5 rowers trek soos Nampol aanJuly 31, 2023
Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat Udo Gardner en sy vrou op hul plaas 35 kilometer noord van Grootfontein op die Rundu-pad, omstreeks kwart-oor-agt Sondagaand aangeval is. Vyf mans, aangetrek soos lede van die Namibiese polisie het die egpaar oorval en aangerand. Hulle het wapens en juwele gebuit en het te voet gevlug. Boere het padblokkades opgestel maar, die vyf is steeds op vrye voet. Volgens boere in die gebied is ‘n dokter na die plaas ontbied om die egpaar vir beserings te behandel.