Garcia skok Osaka in eerste ronde

Tennis: Caroline Garcia het vir die eerste groot skok van die Australiese Ope gesorg toe sy die tweemalige kampioen Naomi Osaka in the eerste ronde in Melbourne uitgeskakel het. Osaka het pas na die toer teruggekeer na die geboorte van haar eerste kind, maar kon nie hond haaraf maak teen die 16de-gekeurde Franse vrou nie. In die mansafdeling het die plaaslike speler Alex de Minaur na die tweede ronde deurgedring toe die Kanadees Milos Raonic in die derde stel weens ‘n besering die handdoek ingegooi het.