Game Changers Sports and Welbeing Male Engagement bied groot pryse!
Die #BreakFree Pillar onder die One Economy Foundation bied môre die tweede uitgawe van die Game Changers Sports and Welbeing Male Engagement-geleentheid aan. Meer as 600 mense word verwag. Die organisasie beywer hom om die stigma rondom geestesgesondheidsuitdagings, veral dié wat mans in die gesig staar, uit te skakel deur middel van opvoeding en openlike gesprekke. Die dag sal begin met ‘n 10km draf om 7-uur en ‘n 5km draf-of-stap om kwart oor 7, gefasiliteer deur die Windhoek City Runners Club. Die top-drie van die ren in elke kategorie sal kontanttoekennings wen wat 30 000 Namibiese dollar beloop. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ileni Hitula, die stigting se kommunikasiehoof, wat meer inligting gee.