Galp ontdek tweede kolom ligte olie in Mopane-put

Galp Energia het ‘n tweede kolom hoë-kwaliteit ligte olie in die Mopane-put ontdek in PEL 83, aflandig in die Oranje-bekken. Die Lissabon-gebaseerde Galp bedryf PEL 83 met ‘n 80 persent belang, terwyl Namibië se Namcor 10 persent besit, en Custos Energy van plaaslike sakeman Knowledge Katti ook ‘n 10 persent belang het. Galp sê hy verskerp sy eksplorasiepogings in die Mopane olie-ontdekkings na suksesvolle bedrywighede by die AVO-2-teiken in die Mopane-1X-put binne blok PEL83. ‘n Boorstamtoets word in Mopane-1X verwag, wat ‘n deurslaggewende stap is in die beoordeling van die kommersiële potensiaal.