Galp Energia bevestig ‘beduidende’ ligte olie-ontdekking in PEL 83

Die Lissabon-gebaseerde Galp Energia het bevestig dat dit ‘n beduidende kolom ligte olie in reservoir-draende sand van hoë gehalte ontdek het in PEL 83, aflandig in die Oranje-bekken. Galp bedryf PEL 83 met ‘n 80 persent belang, terwyl Namibië se Namcor 10 persent besit, en Custos Energy van plaaslike sakeman Knowledge Katti ook ‘n 10 persent belang het. Namcor se woordvoerder, Paulo Coelho, het die nuus met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Reaksie is ontvang van die PDM-party se skadu-finansminister, Nico Smit, wat sê alle Namibiërs moet toegelaat word om in die olie-bonanza te deel, nie net sakemanne wat reeds biljoeners is nie.