Galp begin boorwerk in Oranje-bekken

Galp Energia het boorwerk op sy eksplorasie lisensie, PEL 83 amptelik begin. Die gebied is net noord van waar Shell sy reuse-ontdekkings gemaak het en wes van die Kudu-gasveld van meer as 1,3 miljard kubieke voet. Galp het 80 persent belang in PEL 83 met Namcor wat 10 persent het en Custos Energy van Knowledge Katti ook met 10 persent.