Gabba gaan nie eerste As-toets aanbied nie

Krieket: Perth sal volgende jaar die eerste toets om die As tussen Australië en Engeland aanbied, die eerste keer in 40 jaar dat die eer nie aan die Gabba in Brisbane behoort nie. Die eeu-oue kompetisie begin op 21 November op die Perth-stadion in Burswood en die tweede, ʼn dag-aandtoets, op 4 Desember op die Gabba. Die ander drie toetse sal in Adelaide, Melbourne en Sydney beslis word. Australië is tans die houer van die gesogte trofeetjie.