Gaan hospitaal toe as jy dink jy het malaria!

Mense in die Oshikoto-streek kla oor muskiete en vra hoekom die malaria-veldtog gestaak is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met dr. Richard Kamwi, voormalige minister van gesondheid en Namibiese verteenwoordiger in die Eliminate Malaria-veldtog, wat sê die toename in malariagevalle kan verwag word. Hy sê Namibiërs moet vinnig optree wanneer iemand siek is met vermoedelike malaria en na hospitale gaan.