Gaan 4-dag werksweek werk in Namibië?

Die nuus dat Namibië die vierdaagse werksweek gaan beproef maak landswyd opslae. Die 6-maande loodsprogram is geskeduleer om in April vanjaar af te skop, met deelname van ‘n diverse reeks nywerhede en toonaangewende besighede. Die inisiatief sal gelei word deur die organisasie 4 Day Week in vennootskap met sy landvennoot, Pulse HR Network Namibia, soos verteenwoordig deur Jonas Ileka. Kosmos 94.1 Nuus het met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, gesels oor of die 4-dag werksweek in Namibië sal werk.