G7-justisieministers sal oorlogsmisdade-ondersoek koördineer

Die G7 se ministers van justisie het ingestem om ‘n netwerk saam te stel om ondersoeke na oorlogsmisdade te koördineer, as deel van ‘n veldtog om mense wat vermoedelik gruweldade in Oekraïne gepleeg het, te vervolg. Oekraïne het tot dusver byna 50 000 oorlogsmisdade aangeteken en sowat 600 verdagtes geïdentifiseer wat van oorlogsmisdade verdink word. Die ministers sê die hele Russiese leierskap behoort deur die Internasionale Misdaadhof ondersoek te word vir misdade teen die mensdom. Hulle sê daar kan geen kwytskelding wees vir oorlogsmisdade en ander gruweldade nie.