G7 beloof nog sanksies teen Rusland
Die G7-nasies gaan volgens berigte sanksies teen Rusland verskerp wanneer hulle volgende week in Japan vergader. Die maatreëls sal daarop gemik wees om Moskou se toekomstige energieproduksie te ondermyn en handel, wat sy militêre optrede in Oekraïne kan ondersteun, te bekamp. Leiers van G7-lande het in Februarie nuwe, gekoördineerde ekonomiese sanksies teen Rusland ingestel wat ook 200 individue en instellings insluit wat Moskou se oorlogpogings ondersteun. Die leiers sê al die sanksies wat ingestel is, is daarop gemik om die Kremlin se vermoë om die oorlog te finansier, te belemmer en sy basis te verklein.