G20: Meer samewerking is nodig teen klimaatsverandering

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê die vergadering van G20-ministers van buitelandse sake, wat sy bygewoon het, het saamgestem groter samewerking en aandag is nodig om klimaatsverandering te beveg. Indië het sy lys van gaste na die G20 uitgebrei om Egipte, Mauritius en die Maledive in te sluit. Pandor sê klein eilandstate soos Mauritius en die Maledive het te doen met spesifieke kwessies oor die uitwerking van klimaatsverandering.