G20-lande bestee rekord-bedrae op fossielbrandstowwe
Die Internasionale Instituut vir Volhoubare Ontwikkeling se jongste verslag het onthul die bedrag staatsgeld wat 20 van die wêreld se grootste ekonomieë aan steenkool, olie en gas bestee, het verlede jaar ‘n rekordbedrag van 26,3 triljoen Namibiese dollar beloop. Dit is ten spyte van die G20-leiers se onderneming om geleidelik van ondoeltreffende fossielbrandstofsubsidies ontslae te raak. Wetenskaplikes beraam dat lugbesoedeling weens fossielbrandstof jaarliks tussen 1 en 10 miljoen mense se dood veroorsaak. Die instituut doen ‘n beroep op G20-leiers om fossielbrandstofsubsidies in ryk lande teen 2025 te staak en in die res van die wêreld teen 2030.