Fynproewer-diewe buit N$7m se cheddar
Fynproewer-diewe het ‘n massiewe cheddar-rooftog in Londen uitgevoer en soveel aandag getrek dat selfs Jamie Oliver toegetree het. Neal’s Yard Dairy sê ‘n man wat hom as ‘n groothandelverspreider vir ‘n groot Franse maatskappy voorgedoen het, het met 22 metrieke ton bekroonde cheddar ter waarde van 300 000 Britse pond, amper 7 miljoen Namibiese dollar weggekom. Speurders by Scotland Yard en internasionale owerhede is op soek na die skuldiges. Byna 1 000 wiele lap-toegedraaide kaas is in die besending. Oliver sê op sy Instagram mense moet hulle oë oophou… ‘If it’s to gouda be true, it is’.