FW de Klerk vandag te ruste gelê

Oudpresident FW de Klerk, word vandag te ruste gelê. Die FW de Klerk-stigting sê dis ‘n private geleentheid en geen media sal toegelaat word nie. Die 85-jarige oud-president is op 11 November aan kanker oorlede. Die Suid-Afrikaanse presidensie het vroeër gesê die regering sal by ‘n latere geleentheid ‘n amptelike gedenkdiens hou ter herinnering aan De Klerk se rol as vorige adjunk-president. Enkele ure na sy dood, het die stigting ‘n video op sosiale media vrygestel waarin hy onvoorwaardelik verskoning maak vir apartheid en die pyn wat dit veroorsaak het.