Friends-draaiboeke maak groot geld

Draaiboeke van twee episodes van die TV-reeks Friends wat in die Verenigde Koninkryk afspeel en wat uit ‘n asblik gered is, is vir meer as ‘n halfmiljoen Namibiese dollar verkoop. ’n Voormalige personeellid by Fountain Studios in Wembley het die seisoen-vier finale-episode-draaiboeke in 1998 gevind nadat dié twee episodes verfilm is. Hanson Ross-afslaers in Royston, Hertfordshire, sê die geskatte prys van sowat 150 000 dollar is vinnig van die tafel gevee. Die draaiboeke is uiteindelik deur ‘n internasionale aanlyn-bieër gekoop, ná ontvangs van 219 voorverkoop-bodde van regoor die wêreld.