Frene Ginwala se gedenkdiens Dinsdag

Die gedenkdiens van wyle die Suid-Afrikaanse apartheid-stryder Frene Ginwala vind Dinsdag in die Johannesburgse Stadsaal plaas. Die oudstryder is ‘n week gelede by haar huis in Kaapstad oorlede, in die ouderdom van 90. Sy was ‘n Suid-Afrikaanse joernalis en politikus. Sy was ook die eerste speaker van die Nasionale Vergadering vanaf 1994 tot 2004. Ginwala het ‘n bydrae gelewer toe die Grondwet van Suid-Afrika geskryf is.