Freetown aanvalle was mislukte staatsgreep 

Sierra Leone se regering sê aanvalle op verskeie plekke in die hoofstad Freetown Sondag was ‘n mislukte poging om die regering omver te werp wat hoofsaaklik gelei is deur lyfwagte van oudpresident Ernest Bai Koroma. Die poging het misluk, en baie van die leiers is óf in polisie-aanhouding óf op vlug. Gewapende mans het Sondag ‘n militêre instelling, ‘n gevangenis en ander plekke aangeval en sowat 2 200 gevangenes bevry en meer as 20 mense doodgemaak. Teen Maandag is orde in die land herstel.