Freeth wag steeds op geregtigheid
Ben Freeth van die Mount Carmel-plaas in Zimbabwe, wat gewelddadig deur Zimbabwiese oorlogsveterane tydens toenmalige president Robert Mugabe se regime oorgeneem is, was in Februarie in Namibië op ‘n “Long Ride for Justice” op ‘n perd. Op 28 November 2008 het die SADC-tribunaal in Windhoek ‘n geskiedkundige uitspraak gelewer wat die gesin toegelaat het om op die plaas te bly. Mugabe het die uitspraak verontagsaam en die tribunaal effektief vernietig. Die lang rit vir geregtigheid was om ‘n petisie te oorhandig oor die noodsaaklikheid om regters aan te stel sodat die tribunaal weer kan funksioneer. Kosmos 94.1 Nuus het met Freeth gepraat vir ‘n opdatering. Hy sê hy wag nog vir ‘n datum vir ‘n vergadering.