Freeth praat op die trappe van Turnhalle-gebou
Die Zimbabwiese boer Ben Freeth is by die Turnhalle-gebou, wat destyds die SADC-tribunaal gehuisves het. Hy het te voet en te perd sy pad van Zimbabwe gemaak om geregtigheid te soek. Die tribunaal het hom vergoeding vir sy grond toegestaan en is toe ontbind.