Freddy kelder laaste hoop vir goeie neerslae

Die nuus oor Namibië se reënseisoen is uiters swak. Alle hoop was op die sikloon Freddy geplaas. Sou die stelsel verder noordwes oor Malawi beweeg, sal die seisoen in die laaste ses weke baie verbeter maar, dit blyk dat Freddy eerder oos oor die Indiese-oseaan sal beweeg wat alle hoop op goeie neerslae voor die winter kelder. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse weerkenner Johan van den Berg gepraat.