Fratsvloede op Mariental met gure neerslae

Dele van die suide het Woensdagaand baie goeie neerslae ontvang en berigte uit Mariental toon dat die dorp ongeveer 55 millimeter in ‘n baie kort tyd ontvang het wat gelei het tot oorstromings. Foto’s van die dorp se gholfklub is wyd op sosiale media gedeel met die Aubrivier wat die gebied oorstroom het. Dit is nie deel van die Hardapdam se opvangsgebied nie, wat noordwes van die dorp lê. Daar is informele berigte dat die Kamrivier by Gras loop. Saam met die Kalfrivier, loop die twee in die Visrivier wat Hardapdam voed, in. Kosmos 94.1 Nuus sal opvolg en inligting in die verband deurgee wanneer ons dit het.