Franse senter Danty vir vyf weke geskors

Rugby: Frankryk sal vir die res van die Sesnasies-kampioenskap sonder sy senter, Jonathan Danty, wees ná sy skorsing van vyf-weke weens vuilspel in die afgelope naweek se gelykopstryd teen Italië. Die 31-jarige is in Lille afgestuur vir ‘n gevaarlike duikslag op die Italiaanse senter, Juan Ignacio Brex, en die geelkaart is daarna na rooi opgradeer. Die dissiplinêre komitee sê Danty het erken hy verdien die rooikaart. Hy sal Frankryk se laaste twee wedstryde teen Wallis in Cardiff en tuis teen Engeland misloop.