Franse Ope sorg vir verrasings

Aryna Sabalenka van Belarus het die derde ronde van die Franse Ope ingestorm met ‘n oorwinning van 6-2, 6-2 binne 62-minute oor die Japanse kwalifiseerder Moyuka Uchijima. Die tweemalige Australiese Ope-kampioen kom volgende te staan teen die voormalige wêreld nommer twee-speler, Paula Badosa van Spanje, of Yulia Putintseva van Kazakstan, vir ‘n plek onder die laaste 16. In die mansafdeling is Daniil Medvedev van Rusland ook deur na die derde ronde nadat sy teenstander, Miomir Kecmanovic van Serwië, die handdoek ingegooi het toe hy 6-1, 5-stroop agter was.