Franse Ope kwarteindstryde vir mans skop af

Die kwarteindstryde vir mans by die Franse Ope begin met verskeie topgekeurdes in aksie. Die tiende gekeurde, Grigor Dimitrov, van Bulgarye speel teen die tweede gekeurde, Jannik Sinner, van Italië voor die negende gekeurde, Stefanos Tsitsipas, van Griekeland vanaand die Spanjaard, Carlos Alcaraz, aandurf. Tsitsipas verwag ‘n taai stryd teen die derde gekeurde Alcaraz.