Franse Ope: Klaasen deur, Harris uit

Tennis: Die Suid-Afrikaner Raven Klaasen en sy Nederlandse dubbelspel-maat, Robin Haase, het tot die tweede ronde van die Franse Ope deurgedring. Hulle het die plaaslike spelers Gilles Simon en Hugo Gaston 6-3, 6-1 geklop. Nog ‘n Suid-Afrikaner, Lloyd Harris, se besoek aan Parys het geëindig toe hy ook in die mans-dubbelspel op Roland Garros uitgeskakel is. Hy en Jonathan Erlich van Israel het in skoon stelle verloor teen Jamie Murray van Engeland en die Brasiliaan Bruno Soares. Harris het ook verloor teen die plaaslike veteraan, Richard Gasquet, in die eerste ronde van die enkelspelwedstryde.