Franse media dagvaar Musk se X

Groot Franse koerante neem die sosiale mediaplatform X hof toe omdat hy nie betaal vir die gebruik van hulle inhoud nie. Die koerante sluit Le Monde, Le Figaro en Le Parisien in. Hulle betoog hulle word die geld geskuld ingevolge hulle aanvullende regte wat digitale platforms dwing om dagblaaie te betaal vir die verspreiding van hulle inhoud. Hulle beskuldig X, wat aan die miljardêr Elon Musk behoort, dat hy nie voldoen aan ‘n bevel van die Geregshof in Parys in Mei om inligting te voorsien waarmee hulle die bedrag kan bereken nie.