Franse markte in beroering oor verkiesing

Frankryk staar ‘n “baie ernstige” oomblik in die gesig met die parlementêre verkiesing op hande, sê president Emmanuel Macron. Hy het aan die einde van ‘n G7-beraad in Italië gesê daar is groot kwessies op die spel, wat insluit oorloë en ongekende ekonomiese uitdagings. Die land se ver-regse en ver-linkse politieke blokke wat tans peilings lei, het finansiële markte in beroering. Die Franse finansminister Bruno Le Maire sê Frankryk loop die risiko van ‘n finansiële krisis as óf die ver-regse óf ver-linkse groeperings die komende parlementêre verkiesing wen. Frankryk is die eurosone se tweede grootste ekonomie.