Franse koshandelaars moet verbruikers help met stygende lewenskoste

Die Franse minister van finansies, Bruno Le Maire, het ‘n beroep op koshandelaars gedoen om meer te doen om verbruikers met stygende lewenskoste te help. Die regering wil druk plaas op kleinhandelaars om ‘n teen-inflasionêre mandjie van 50 alledaagse produkte teen aankoopprys aan verbruikers te verkoop. Van die kleiner winkelgroepe het ingestem tot die regering se versoek, maar van die groter maatskappye sê hulle het reeds maatreëls ingestel om prysstygings op bepaalde produkte te voorkom. Die verwagting is dat veral kos-inflasie in die volgende maande tot ‘n styging in die land se inflasie sal bydra.