Franse hof sê prostituut-kliënte kan aangekla word

Die hoogste hof oor regte in Europa het beslis ‘n wet in Frankryk, wat bepaal kliënte van sekswerkers kan strafregtelike vervolg word, oortree nie die Europese Konvensie oor Menseregte nie. ‘n Groep van 261 mans en vroue wat sekswerk doen het hulle gewend na die Europese Hof vir Menseregte oor die wet van 2016, wat mense wat seks koop blootstel aan boetes van tot 30 000 Namibiese dollar, en vir herhaalde oortreders meer as verdubbel kan word. Die wet, wat selde toegepas word, word gesien as ‘n groot stap vorentoe deur aktiviste was gehoop het om prostitusie uit te roei.